Thomas Malthus

Thomas Malthus
Geboortenaam Thomas Robert Malthus
Nasionaliteit Verenige Koningkryk
Vakgebied Demografie, Ekonomie en Anglikaanse Kerk
Instelling(s) Cambridge-universiteit
Bekend vir Potensiële gevare van bevolkingsgroei, Malthusiese ramp

Thomas Robert Malthus (gebore in Rookery, naby Dorking op 14/17 Februarie 1766; sterf St Catherine, naby Bath op 23 Desember 1834) was 'n Britse demograaf, ekonoom en pastoor. Hy is bekend vir sy pessimistiese (Malthus was 'n misantroop) maar baie invloedryke opinies. In 1805 word Malthus aangestel as professor in ekonomie aan Cambridge-universiteit.

Malthus het beroemdheid verwerf omdat hy die moontlike gevare van bevolkingsgroei uitgewys het: "Die vermoë van die mens tot bevolkingsgroei is oneindig veel groter as die vermoë van die aarde om vir die mens 'n bestaan te produseer". As Anglikaanse predikant het Malthus hierdie situasie beskou as die wyse waarop God deugsame gedrag aan die mens opgelê het: hy beskou optimistiese idees van sosiale hervorming as gedoem tot mislukking. Hy het dus aan sy lesers 'n negatiewe wêreldbeskouing gegee, in teenstelling met die utopieë van skrywers soos Jean-Jacques Rousseau en William Godwin. Die ramp wat plaasvind wanneer die groei van beskikbare hulpbronne nie byhou met die bevolkingsaanwas nie staan bekend as 'n malthusiese ramp.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search